Monday 30 May 2016

PROKUREURS POEDING




PROKUREURS POEDING
1 rolkoek
2 pakkies karamel/bottermelk kitspoeding
peanutsnack
Sterk koffie of Old Brown sjerrie...
Room
METODE:
Sny rolkoek en pak in glasbak/tertbak om kors te vorm.
Sprinkel met koffie of sjerrie.
Maak kitspoeding aan volgens aanwysings en gooi die helfte in koekkors.
Rasper peanut snack en sprinkel die helfte bo-oor.
Gooi die res van die nagereg oor en sprinkel oorblywende peanut snack oor.
Klop room styf en gooi bo-oor.
Versier met kersies of soos verkies.
Plaas in yskas tot nagereg gestol is.