Wednesday 25 May 2016

ONTBYTBESKUIT




ONTBYTBESKUIT
ongeveer 70 stukke

500 ml (2 k) All-Bran-vlokkies
500 ml (2 k) Rice Krispies
375 ml (1½ k) graanvlokkies
375 ml (1½ k) muesli
250 ml (1 k) suiker
250 ml (1 k) bosbessies (cranberries)
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
1 kg (8 k) bruismeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
3 ekstragroot eiers
625 ml (2½ k) dubbele Griekse jogurt
375 ml (1½ k) olie
Stel oond op 180 °C.
  1. Meng All-Bran, Rice Krispies, graanvlokkies, muesli, suiker, bosbessies en pekanneute.
  2. Sif bruismeel, bakpoeier en sout bo-oor mengsel. Roer deur tot al die bestanddele gemeng is.
  3. Klits eiers goed. Roer jogurt en olie daarby.
  4. Meng jogurtmengsel goed by meelmengsel.
  5. Skep in 2 gesmeerde broodpanne van 10 cm x 29 cm.
  6. Bak vir 55 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  7. Keer beskuit op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel. Breek in stukke.
  8. Plaas beskuit op bakplaat en droog vir 5 uur teen 70 °C uit of tot goed droog.