Tuesday 24 May 2016

ONDERSTEBO HERDERSPASTEI




ONDERSTEBO HERDERSPASTEI

1 kg maalvleis
1 ui gekap
1 knoffelhuisie gekap...
10 ml sout
10 ml koljander fyn
knypie komynpoeier

knypie naeltjies fyn
10 ml gemengde kruie
swartpeper varsgemaal
25 ml Worcestersous
50 ml blatjang
25 ml broodkrummels uitgedroog
250 ml gemengde groente gevries
6 medium aartappels
2 eiergele
25 ml botter
25 ml melk
Servings:

METODE
Braai die ui en knoffel in bietjie olie tot sag.
Braai die maalvleis tot bruin en geur met die geur middels.
Voeg die souse, broodkrummels en groente by en braai verder.
Kook die aartappels tot sag. Druk fyn en voeg botter en melk by. As die mengsel effe koeler is, roer die eiergeel goed in.
Verhit oond teen 180 °C en smeer groot muffin panne met olie.
Gebruik ’n groot eetlepel en skep ‘n hoogvol lepel van jou aartappels in die muffin holtes. Gebruik die lepel om die aartappels teen die kante en bodem vas te druk.
Skep die aartappel holtes vol met die maalvleis-mengsel.
Bak vir 15 - 20 min of tot die aartappel geset is en bedien dadelik.