Thursday 19 May 2016

LAM & KLUITJIE POT




LAM & KLUITJIE POT Die blatjang sorg vir soetigheid, die suurlemoen gee ’n effense byt… en in dié pot kuier hulle soos ou vriende saam.
JY BENODIG:
(vir 4-6 mense)
olie vir braai
2 kg lamskenkels
2 groot uie, in skywe gesny
3 eetlepels garam masala
3 wortels, geskil en in skyfies gesny
1 selderystokkie, in skyfies gesny
sap en skil van 2 suurlemoene
1 koppie blatjang
1 blokkie hoenderaftreksel
VIR DIE KLUITJIES:
½ koppie botter
1 koppie meel
200 ml water
SO MAAK JY:
1 Verhit die olie in ’n swartpot en braai die vleis en uie tot mooi goudbruin. Voeg die garam masala by en braai die mengsel vir nog 5 minute.
2 Gooi nou die res van die bestanddele by, sit die deksel op en laat die pot oor matige hitte prut tot die vleis sag is. Dit vat so 2-3 uur, afhangende van die vleis.
3 Maak die kluitjies: Vryf die botter en die meel saam totdat dit soos droë broodkrummels lyk.
4 Voeg die water by en meng dit tot ’n stywe deeg. Rol bolletjies uit die deeg wat omtrent so groot soos ’n kleuter se vuis is.
5 Sit die kluitjies in die pot en sit die deksel weer op. Prut dit vir nog sowat 20 minute en sit die skenkels-en-kluitjies dadelik voor met vars kruie soos koljander of pietersielie.