Tuesday 3 May 2016

Kondensmelkglasies




Kondensmelkglasies
Lewer 4 glase of ’n tert van 25 cm...
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur
•1 blikkie (385 g) kondensmelk
•385 ml melk
•385 ml water

•40 ml (8 t) vlapoeier
•1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyn gedruk
As jy ’n tertbak gaan gebruik: Smeer ’n bak van 25 cm.
1.Meng die kondensmelk, melk en water in ’n kastrol en laat kook.
2.Los die vlapoeier in ’n bietjie water op, meng met ’n bietjie van die kondensmelkmengsel en voeg dan by die res van die kondensmelkmengsel. Roer goed tot dit verdik het en begin kook. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
3.Plaas ’n laag beskuitjiekrummels onderin elke glas of op die boom van die gesmeerde tertbak. Giet ’n laag vlamengsel bo-oor. Herhaal die lae 3 keer en eindig met ’n laag krummels.
4.Laat 2-3 uur in die yskas stol.