Thursday 19 May 2016

Koffiekoekies



Koffiekoekies
Bestandele:

Deeg:
1,5 Koppie Botter
3/4 Koppie Suiker
1/2 Koppie Gouestroop
4ml Koeksoda
100ml Melk
1 Eetlepel Kits Koffiepoeier (sterk)
1 Teelepel Vanielje
2ml Sout
6 Koppies Meel

Vulsel:
1 Koppie Suiker
2/3 Koppie Botter
100ml Melk
1 Eetlepel Kits Koffiepoeier (sterk)
1 Teelepel Vanielje

Metode:

1. Klits suiker en botter tot room.

2. Voeg gouestroop by en klits deur.

3. Los koeksoda in melk op en klits in mengsel in.

4. Klits sout, vanielje en koffiepoeier by.

5. Meet en sif 6 koppies meel af.

6. Voeg mengsel by meel. Knie deeg.

7. Knie tot 'n lekker stywe deeg.

8. Draai deeg toe in 'n plastiek sak en sit dit
in die yskas vir 1 uur.

9. Terwyl die deeg in die yskas is, neem 'n
kastrol en meng koffievulsel bestandele saam. 

10. Sit stoof op medium hitte en roer vir ongeveer
10 tot 15 minute terwyl dit borrel, nie kook nie.
Haal dan vulsel van plaat af.

11. Na 1 uur, haal deeg uit die yskas uit en rol
dit baie dun uit op 'n gladde oppervlak.

12. Druk vormpies uit.

13. Ek sny die vormpies in die helfte sodat die
koekies nie te groot is nie.

14. Plaas koekies in die oond vir 8 minute op
180*C. Na 8 minute, draai koekies om en bak
vir nog 4 minute.

15. Pak koekies uit op droograk om af te koel.

16. Plaas koffievulsel weer op die stoof en kook
tot karamelkleur, ongeveer 5 minute. Pasop vir
oorkook! Haal nou kastrol van stoofplaat af en
klop tot dik. Smeer koekies met vulsel en pak
twee-twee opmekaar.

Verpak in 'n lugdigte houer.

*Kuier en klets met 'n koffie en 'n koffie koekie!*