Friday 13 May 2016

klam wortelkoek





klam wortelkoek
Bestanddele:
250 ml wit suiker
250 ml sonneblomolie
3 eiers
5 ml vanielje geursel
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
5 ml kaneel (opsioneel)
5 ml koeksoda
Knippie sout
250 ml fyngedrukte piesang
250 ml gerasperde wortels
125 ml gekapte neute (opsioneel)
Metode:
Room eiers, suiker, olie en vanielje geursel tot skuimerig.
Sif droë bestanddele by die eiermengsel en meng baie goed.
Voeg piesang, wortels en neute by en meng.
Gooi in 2 laagkoekpanne en bak vir 25 minute by 180ºC.
Laat goed afkoel voordat dit uit panne gehaal word.
Versiersel:
110 ml botter
100 ml roomkaas
375 ml versiersuiker
5 ml vanielje geursel
Room botter en versiersuiker en voeg roomkaas en vanielje geursel by en meng goed.
Smeer tussen die afgekoelde koeklae en ook bo-op.
Versier dan met heel neute en kersies indien verkies.