Monday 23 May 2016

Hoender, Spek, Kaas en Aartappel Dis




Hoender, Spek, Kaas en Aartappel Dis
Bestanddele:
500 g Ontbeende hoenderborsies, in blokkies gesny (rou)
6-8 Medium aartappels (geskil) sny in groterige blokkies
1/3 k Olyfolie ...
1 ½ t Sout

1 t Swartpeper
1 eetl. Paprika
2 eetl. Knoffel poeier of bietjie knoffel vlokkies na smaak
2 eetl. Warm sous (bv peri peri)
Metode:
1.Verhit die oond tot 200 °C. Spuit 'n bak met spray en cook.
2.In 'n groot bak, meng die olyfolie, sout, peper, paprika, knoffel poeier, en warm sous.
3.Voeg die blokkies aartappels en hoender by en roer om te bedek.
4.Skep versigtig die aartappels en hoender in die voorbereide bak.
5.Bak die aartappels en hoender vir 55-60 minute, roer elke 20 minute tot gaar, bros en bruin aan die buitekant.
6.Terwyl die aartappels kook, braai jou spek tot bros.
7.Sodra die aartappels en hoender gaar is, verwyder uit die oond.
8.Gooi bo-oor die aartappels die kaas, spek, en groen uie.
9.Sit terug in die oond en bak vir 5 minute of tot kaas gesmelt is.
Bolaag:
2 k Kaas (1x mozzarella – 1x chedder)
250g Spek (gekap)
1 k Gekapte uie en paar stukkies spruit uie gekap (die spruit uie gee mooi kleur).