Wednesday 4 May 2016

Hoender-“braai pie”



Hoender-“braai pie”
Probeer gerus Boer soek ’n vrou-aanbieder Nadia Beukes se smullekker hoenderpastei.
Bestanddele:
Uie
Knoffel
Olyfolie
Sout
Peper
250ml Room
2 x 400g Blaardeeg
Vars Wortels
Vars Sampioene
Vars Ertjies
1kg Hoenderborsies (geen vel)
Kerriepoeier
Vars pietersielie
Metode:
Stap 1: Kap die uie en knoffel fyn, die wortels in dun skywe en die sampioene in klein deeltjies. Sny die hoender in stukke.
Stap 2: Gooi olyfolie in ’n pot en verhit.
Stap 3: Voeg die uie, knoffel, sampioene, ertjies en wortels by en kook vir 3-5 minute.
Stap 4: Voeg die hoenderstukke by en kook deeglik deur.
Stap 5: Voeg die room en ’n bietjie kerriepoeier by – verminder die hitte en kook tot dik en romerig.
Stap 6: Voeg sout en peper by na smaak.
Stap 7: Rol oop die blaardeeg.
Stap 8: Skep die hoenderpotjie op die blaardeeg op en voeg nog ’n laag van die deeg bo-op.
Stap 9: Gebruik ’n vurk om die kante van die pastei saam te druk.
Stap 10: Plaas in braairooster en braai op die kole vir 15-20 minute. Draai gereeld.
Opdieningsvoorstel: Geniet warm vanaf die kole saam met ’n slaai.