Monday 9 May 2016

Groente Kerrie




Geniet 'n groentekerrie op Vleislose Maandag
4 porsies
Groente
bietjie olie...
1 ui, gekap
10 ml (2 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
500 ml (2 k) botterskorsie, geskil en in blokkies gesny

1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
500 ml (2 k) blomkool, in klein blommetjies gebreek
4 murgpampoentjies, in skyfies gesny
410 g (1 blik) kekerertjies, gedreineer
60 ml (4 e) water
Sous
5 ml (1 t) matige kerriepoeier
5 ml (1 t) gemaalde komyn (jeera)
2,5 ml (½ t) borrie
1 ml sout
knypie swartpeper
45 ml (3 e) koekmeel
1 groenteaftrekselblokkie, gekrummel
380 g (1 blik) ingedampte melk
125 ml (½ k) volroommelk
Metode
1 Groente Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
2 Voeg botterskorsie en aartappel by. Soteer vir 4 minute. Roer af en toe.
3 Voeg blomkool en murgpampoentjies by en soteer nog 3 minute.
4 Voeg kekerertjies en water by en roer deur. Plaas kastrol se deksel bo-op en laat vir 3 minute stoom sodat groente kan sag word.
5 Sous Sit kerrie, komyn, borrie, sout, swartpeper, koekmeel en groenteaftrekselblokkie in mengbak. Voeg net bietjie van ingedampte melk by om pasta te maak. Roer tot pasta glad is. Voeg nog bietjie ingedampte melk by en roer weer tot glad.
6 Voeg oorblywende ingedampte melk en volroommelk by en roer tot glad.
7 Voeg melkmengsel by groentemengsel in kastrol. Roer af en toe tot sous begin verdik.
8 Laat oor lae hitte prut tot goed warm.
9 Sit warm saam met basmatirys voor.