Monday 9 May 2016

ERTJIE-EN-SPEK-SOP




ERTJIE-EN-SPEK-SOP
6 porsies
312 ml (1¼ k) droë ertjies
1,5 l (6 k) water...
bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) gekapte knoffel
2 selderystingels, gekap

2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
250 g (1 pakkie) spek, gekap
4 tamaties, gekap
4 wortels, geskil en in skyfies gesny
2 aartappels, geskil en gerasper
½ kop blomkool, in blommetjies gebreek
30 ml (2 e) worcestersous
5 ml (1 t) sout
knypie rooipeper
knypie swartpeper
125 ml (½ k) alfabet- of blommetjiepasta
1 Spoel ertjies eers goed onder lopende water af.
2 Sit ertjies en water in groot kastrol en verhit tot kookpunt.
3 Draai hitte laer en sit kastrol se deksel op en laat prut vir 2 uur oor matige hitte tot ertijes amper sag is.
4 Verhit olie in ander braaipan, amper
2 uur nadat ertjies op stoofplaat gesit is.
5 Voeg uie en knoffel daarby en soteer tot ui sag is.
6 Voeg seldery en kruie by, soteer vir nog 2 minute. Voeg spek by en soteer tot spek gaar is.
7 Voeg spekmengsel by ertjiemengsel in kastrol. Voeg oorblywende bestanddele by.
8 Laat vir nog 1 uur sonder deksel kook of tot ertjies lekker sag is.
9 Voeg pasta by en laat nog 20 minute prut tot pasta sag is.
WENK Jy kan droë ertjies oornag in water week