Tuesday 17 May 2016

Appelkoossoetbrood




Appelkoossoetbrood

Neem jou tyd en voeg liefde by hierdie soetbrood. Jy sal elke happie geniet.


GENOEG VIR 6 MENSE
Rys: 1 uur 20 min.
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 35 min.

1 L meel (250 ml x 4)
10 g droë gis

100 g botter, teen kamertemperatuur
125 ml (½ k) strooisuiker
skil van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) fyn kardamom
1 eier
250 ml (1 k) warm melk

BOLAAG
400 g-blik appelkose
200 g botter, in blokkies gesny
100 g amandelvlokkies
60 ml (¼ k) versiersuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ronde, oondvaste bak.

Sif die meel in ’n groot mengbak. Voeg die gis en botter by en vryf deur met jou vingers. Voeg die strooisuiker, suurlemoenskil, kardamom, eier en warm melk by en knie om ’n sagte deeg te vorm. Bedek en laat 1 uur rys of tot die grootte verdubbel het.
Bolaag Knie die deeg af en plaas in die oondvaste bak. Druk die appelkose bo-op die deeg. Maak holtes in die deeg en plaas die botterblokkies in elke holte. Bestrooi met die amandels en versiersuiker. Bedek en laat 20 min. rys.
Maak die brood oop en bak 35 min. of tot goudkleurig.