Tuesday 17 May 2016

12 Koekie Resepte





 12 Koekie Resepte

 Een twee drie koekies:
750g self raising flour ...
250g strooi suiker
500g margarine
Meng tot gladde deeg, maak bolletjies, druk plat, en bak vir 15 min of tot goud bruin 180 grade.

 
 
Maklike Koekies:
1kg koekmeel
500g versiersuiker
1kg botter.
Rol uit en maak vormpies en bak vir 10 min op 180.

 
 
Grondboontjiebotterkoekies:
1 koppie grondboontjiebotter (glad of grof)
1 koppie witsuiker
1 eier, geklits
Ja dis al.
Al wat toe nodig is is om die koekiedeeg in bolletjies te skep (ek het sommer ’n spanspekbolletjie-skepper gebruik) en in 24 bolletjies te rol, op ‘n kleefvrye-sprei-gespuite bakplaat te pak en liggies met ‘n vurk plat te druk.
Voorverhitte oond op 180°C
Bak vir 10 minute
Die koekies voel sag as as dit uit die oond uit kom, so laat dit ‘n rukkie staan en verwyder dan baie versigtig met ‘n platlemmes (die koekies is baie bros.)

 
 
Vlakoekies:
175g meel
50g vlapoeier
50g versiersuiker
1/2 tl sout
150g sagte margarien
2ml vanilla essence
Oond op 180 grade.
Alle droog in bak, meng goed (of saam in food processor).
Vryf margarien in vanilla in met vingers tot deeg (of meng in processor).
Bak 15min.

 
 
KLAPPER KOEKIES:
250gr botter
250ml suiker
2 eiers
860 ml bruismeel
250ml droe klapper
1 ml sout
Metode
Room botter en suiker, voeg eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Voeg klapper by. Meng meel en sout en voeg by bottermengsel. Meng goed
Deel mengsel in 2 – rol in 2 worse van so 5 cm in deersnee. Maak toe met gladwrap en plaas in yskas vir tenminste ‘n uur.
Sny deegrol in snye van so 1 cm dikte (5mm) en bak op gesmeerde bakplaat vir 15 min by 190 grade C.

 
 
OUTYDSE SPESERYKOEKIES:
425g koekmeel
3ml sout
3ml koeksoda
5ml fyn kaneel
3ml fyn naeltjies
200g karamelbruinsuiker
125g botter
1 eier (geklits)
90ml sjerrie of port
5ml lemoenskil, gerasper
amandelsplinters vir versiering
Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam. Vryf botter in. Voeg eier, sjerrie en skil by. Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur lank staan. Rol deeg uit tot 3mm-dikte. Druk ronde koekies uit,druk ‘n stukkie amandel in die middel van elke koekie vas. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak ongeveer 15 minute lank in voorverhitte oond by 200C.

 


KONDENSMELK SOETKOEKIES:
12 kop meel
4 eiers
1 pakkie cream of tartar
1 pakkie koeksoda
1tl stroop
730gr botter
1 blik kondensmelk
3 kop suiker
Metode
Room suiker, botter en kondensmelk. Voeg droe bestandele by behalwe koeksoda - meng koeksoda met kwart kop melk en voeg by - as jy sien die deeg is te slap voeg nog 1 kop meel by - Rol uit en druk vormpies. Bak in oond by 180 grade tot gaar.
 
KLAPPER MAKROLLETJIES: (Soentjie koekies)
1 blik kondensmelk
5 ml vanilje
500 ml klapper
meng alles - skep klontjies op bakplaat - bak vir 10 min - haal uit en laat afkoel. Ek deel my beslag in 2 – een helfte maak ek gewoonweg, en by die ander helfte gooi ek so ‘n teelelpel of 2 kakao.

 
 
OATS KOEKIES:
2 k meel
4 k oats
2 k klapper
2 k suiker
250 g margarien
3 t stroop
2 t koeksoda
Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt).
Voeg koeksoda by. Meng die droë bestanddele saam.
Gooi stroop by droë bestanddele.
Gooi in 'n oondpan en druk vas.
Bak vir ± 10 - 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik.

 
 
WIELIE WALIE KOEKIES:
1 kop meel
1/4 kop vlapoeier
1/2 kop botter
1/4 kop versiersuiker
Meng alles - vorm koekies en bak by 200grade tot gaar.

11. OUTYDSE SOETKOEKIES:
Bestanddele:
250g botter
6 x 250ml koekmeel
625ml suiker
Knypie sout
15ml koeksoda
20ml kremetart
3 eiers
250ml melk.
Metode:
Vryf botter in meel. Voeg suiker, sout, koeksoda en kremetart by. Klits eiers en melk en voeg by. Rol uit en druk koekies. Pak op gesmeer bakplaat. Bak 15min by 180.



Sjokoladesplinter-Koekies:
Ons almal ken hierdie een as ’n chocolate chip cookie
(sowat 20 koekies)
125 g (135 ml) botter
100 g (125 ml) suiker
100 g (125 ml) bruinsuiker
2 ml vanieljegeursel
1 eier, effens geklits
184 g (330 ml) bruismeel
1 ml sout
125 g sjokoladesplinters
60 g okkerneute, grofgekap
Verhit jou oond tot 180 ºC. Room die botter en albei suikers met jou elektriese menger saam tot lig en romerig. Gooi die vanieljegeursel by en meng. Voeg die geklitste eier geleidelik by en klits goed ná elke byvoeging. Sif die bruismeel en sout saam. Voeg dit by die suikermengsel. Voeg die sjokolade-splinters en okkerneute by en meng goed. Skep teelepelsvol van die mengsel en vorm in balletjies. Plaas balletjies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en goed gesmeer is, sowat 5 cm van mekaar. Bak vir 15 – 20 minute.



 Milo-koekies
Jy benodig [Vir ± 180 koekies]
1½ koppie witsuiker
1½ koppie bruinsuiker
3 eiers
375 g margarien of botter
3¾ koppie bruismeel
1½ koppie Milo
1½ koppie sjokoladesplinters
(“choc chips”)
1 teelepel vanieljegeursel
1 Klits die wit- en bruinsuiker saam met die eiers.
2 Voeg die margarien of botter by en meng dit goed.
3 Voeg nou die bruismeel, Milo en sjokoladesplinters by en meng
dit goed.
Gooi die vanieljegeursel by en roer die deeg totdat dit goed deurgemeng en sag is. Laat dit vir 10 minute staan.
4 Skep baie klein skeppies van die deegbeslag op ’n gesmeerde, gevoerde bakplaat (dié koekies bak plat) en bak dit vir 10-15 minute in ’n oond van 180ºC.
Laat die koekies vir 15 minute staan voordat jy dit van die plaat af skep en in blikke pak.
Wenk: Bros buite, klam en amper toffierig – én Milo-rig! – binne. Beter kan jy nie in jou koffie doop nie. Maklik en heerlik.

 Outydse Koffiekoekies
Bestanddele:
2 kg koekmeelblom
7 ml sout
625ml geelsuiker
750 g botter
110 ml skoon varkvet (Gebruik botter of margarien)
400 ml stroop
25 ml koeksoda
250 ml baie sterk swart koffie
15ml vanieljegeursel
1. Meng meel, sout, suiker in groot skottel.
2. Frummel botter en vet daarin.
3. Voeg die stroop by en meng.
4. Maak die koeksoda met 'n bietjie van die koffie aan en voeg dit saam met die res van die koffie en die geursel
by die meelmengsel.
5. Meng alles goed om 'n deeg te vorm.
Plaas deeg in plastieksak en laat oornag staan.
Rol deeg die volgende dag dun uit.
Sny ewe lange langwerpige koekies.
Trek kruis en dwars patrone oor deeg met 'n vurk
Bak dit 10-12 min
Vulsel
30 ml kitskoffie poeier
25 ml kookwater
250 ml witsuiker
100 ml botter/margarine
70 ml melk
1. Maak koffiepoeier met die kookwater aan.
2. Voeg die suiker,smeer en melk by.
3. Verhit dit tot kookpunt en kook 5min lank.
4. Haal dit van die stoof af en klop dit met `n houtlepel tot styf en goed koud word.
5. Smeer koekies en plak op mekaar vas.