VINNIGE SOUTTERT
Lewer 4 – 6 porsies
BENODIG:
45 ml kook- of olyfolie
125 g swoerdlose streepspek, gekap...
1 middelslag ui, grofgekap
2 selderystingels, grofgekap
125 g knopiesampioene, in skyfies gesny
250 ml (100 g) gerasperde cheddarkaas
5 ml mosterdpoeier
30 ml gemengde, gekapte vars kruie, of 10 ml droë sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 ekstragroot eiers
300 ml melk
60 ml (35 g) Snowflake-koekmeel
MAAK SO:
1. Verhit olie in ‘n groot swaarboompan. Voeg spekvleis by en braai liggies. Voeg ui, seldery en sampioene by en soteer ‘n paar minute tot sag. Verwyder van hitte.
2. Voeg kaas, mosterdpoeier, kruie en geurmiddels by en skep in ‘n gesmeerde, oondvaste 22 cm-pasteibak.
3. Klits eiers, melk en meel saam en giet oor mengsel in bak.
4. Bak sowat 30 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C, of tot goudbruin en geset.