Tuesday 12 April 2016

Tjoklit fudge




Lekker vinnige resep vir Tjoklit fudge.

1 blikkie kondensmelk
3 tjoklit slabs
en enige iets wat jy wil in gooi. Verkieslik jelly tots, smarties of enige ander lekker in daardie vorm....

Kook tjoklit en kondensmelk op stoof lekker goed deur hoe langer jy hom kook hoe beter gaan hy set.. Pasop net vir te lank kook dan kan hy brand of suikerig raak.
Ek het sommer wit en bruin tjoklit gemeng.
En het toe jellie lekkers op gesny en in gevoeg en in plat bak gegooi. Jy kan baking paper onder in bad sit dans dit maklik om uit te lig ek het net nie in huis gehad vandag nie so het dit net so in gegooi.
Die jelly lekker het so bietjie gesmelt en toe het ek sommer bo op gestrooi na dit so bietjie af gekoel het.
Sit in die yskas oornag om lekker hard te stol en dan in blokkies te kan sny
Dis baie soet so hou lank in die huis.....