Thursday, 7 April 2016

Ouma Betsie se Arm-mans Broodjie




Ouma Betsie se Arm-mans Broodjie

Bestandele:
2 Koppies koekmeel
1 Koppie suiker...
1 Koppie melk
2 groot eiers (geskei)
1 eetlepel margarine of botter
¼ koppie klapper
2 teelepels bakpoeier

Metode:
Klits botter en suiker baie goed. Voeg eiergele en melk by geklitsste botter en suiker mengsel en meng goed.
Sif meel en bakpoeier by botter, suiker, eiergele en melk en meng deur.
Klits eierwitte styf en vou in by deegmengsel.
Gooi koekmengsel in ‘n klein broodpannetjie en bak 180° Cvir 25 – 30min.
Toets met toetspen om seker te maak die broodjie is gaar.
Caledon FM

No comments:

Post a Comment