Thursday, 7 April 2016

Knars Gesondheidbeskuit





Knars Gesondheidbeskuit

Jy het nodig:
1 Kg Volkoringmeel
250 ml Klapper...
200 ml Pitlose Rosyne
55 ml Bakpoeier
500 ml Suiker
250 ml Sonneblomolie
500 ml Koekmeel
500 ml Fyngedrukte Graanvlokkies
125 ml Sonneblomsaad
10 ml Sout
250g Margarien, gesmelt
1 Liter kookwater
So maak: mens
Voorverhit die oond tot 180 grade C.
Meng droë bestanddele, behalwe suiker saam.
Giet gesmelte margarien in ander mengbak, voeg suiker, olie en kookwater by. Meng.
Voeg droë bestanddele by , meng goed.
Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne.
Doop mes in warm water, sny die deeg in blokkies.
Bak 1 Uur, tot gaar, in voorverhitte oond.
Laat afkoel in die panne.
Keer Uit,
Breek in stukke, droog uit.

No comments:

Post a Comment