Friday 22 April 2016

Groente sop




Groente sop
Resep
1/2k Rooi soetrissies, gekap
1/2k Groen soetrissies, gekap
1/2k Ui, gekap
1k Seldery, blare en stokkies, fyn gekap
2k Wortels, gerasper
2k Botterskorsie, gerasper
2k Rape of radyse, gerasper
2k Aartappel, klein blokkies
2k Murgpampoentjies, gerasper
1/4k Olyf olie
4 liter water
5e Ina Paarman, Vegetable stock powder
2t Kerrie poeier, medium, rajah
3 Sopbene (opsioneel as jy vegetaries is)
Metode:
1. Plaas die aand voor jy die sop maak die bene in water om die vleis sappe te onttrek. Braai die soetrissies, ui en seldery saam met die kerrie poeier om geure te ontwikkel.
2. Voeg die res van die groente by en braai liggies.
3. Voeg die water en aftreksel by en kook totdat die groente sag is...ongeveer 'n uur.
4. Druk die groente effens fyner en voeg sout en peper na smaak by.
Bron: Joyce Mokone