Wednesday 13 April 2016

Gebakte Bar-One kaaskoek



Gebakte Bar-One kaaskoek

Kors
■ 1 pakkie (200 g) sjokoladeklapperkoekies, soos Romany Creams
■ 180 ml klapper
■ 100-125 ml gesmelte botter
Vulsel
■ 2 houers (200 g elk) roomkaas
■ 80 ml versiersuiker
■ 15 ml koekmeel
■ 3 ekstragroot eiers
■ 5 ml vanieljegeursel
■ 125 ml suurroom
■ 100 g Bar-One-stafie, in blokkies gesny
Bolaag
■ 60 g donker sjokolade, gekap
■ 45 ml room
Voorverhit die oond tot 180˚C en smeer ’n klein losboomkoekpan van 18 cm of spuit met kleefwerende kosssproei. Verwerk die koekies tot fyn krummels en meng met die klapper en die gesmelte botter. Druk die krummelmengsel op die boom en teen die kante van die koekpan vas en bak vir 10 minute. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel.
Verlaag die oondtemperatuur tot 160˚C. Klits die roomkaas glad en voeg die versiersuiker en koekmeel by. Klits vinnig deur. Voeg die eiers, vanieljegeursel en suurroom by en meng liggies tot net glad. Giet die vulsel in die voorbereide kors. Pak die stukkies Bar-One-sjokolade bo-op en gebruik die agterkant van ’n lepel om party stukkies in die roomkaasmengsel te druk, sommige dieper as ander sodat die sjokolade goed versprei is deur die kaaskoek. Bak vir 45 minute tot net-net ferm.
Skakel die oond af, maak die oonddeur op ’n skrefie oop en laat die koek vir 20 minute in die oond afkoel. Haal uit die oond en laat tot kamertemperatuur afkoel. Smelt die sjokolade en room stadig saam tot glad en smeer oor die koek. Sit voor teen kamertemperatuur. Lewer ongeveer 8 porsies.