Tuesday 12 April 2016

BEESSTERT EN SKAAP POTJIE MET COKE EN ROOIWYN




BEESSTERT EN SKAAP POTJIE MET COKE EN ROOIWYN

Bestanddele:
1 pak beesstert
½ skaapnek, in stukke gesny...
2 na 4 skaap skenkels, in stukke gesny
3 mediumgrootte ui, grofgekap
1 groen soetrissie, grofgekap
3 tamaties, geskil en in blokkies gesny
8 baba aartappels of medium aartappels in kwarte
Handvol baba wortels of wortels in lang repies of wieletjies gesny
Handvol baba uitjies
½ pakkie sampioene (net so heel)
10 ml knoffelvlokkies
250 ml rooiwyn van jou keuse
250 ml Coke + nog indien benodig
5 ml sout
5 ml gemaalde swartpeper
5 na 10 ml braai speserye van jou keuse
3 Eetl balsemiekasyn (jy kan hier ook worstersous gebruik)
3 Eetl kookolie
1 pakkie "oxtail" soppoeier

Stoom eers al die vleis in 'n stoompot vir 30 minute met water saam met die balsamiekasyn, 1 groot uie in stukke gekap en helfte van die knoffelvlokkies. (bewaar jou water eenkant)
2. In jou potjie, braai die uie en groen soetrissie met die res van die knoffelvlokkies.
3. Voeg die vleis, tamaties, sout, peper, wyn en Coke by en laat rustig prut vir 1 uur (indien dit te droog lyk voeg nog Coke (of water van die stoompot) by.
4. Verwyder die vleis en hou eenkant.
5. Braai die baba uitjies in 'n bietjie olie vir omtrent 2 na 3 minute.
6. Sit nou die aartappels en wortels in en braai vir 'n verdere 2 minute. Sit nou van die water wat van die stoompot oorgebly het, by. Kook vir omtrent 5 minute.
7. Sit nou al die vleis terug in die pot en die sampioene bo-op. Sprinkel bietjie van die bbq speserye oor na smaak
8. Prut op lae hitte vir nog 'n 1 na 1 en half uur of tot die vleis en groente heeltemal sag is. Roer elke nou en dan liggies deur. Julle sal sien my man het daai grent "gadget" wat hy in die potjie sit wat die vog heeltyd "oorspoeg" - dit help dat ons die potjie nie te veel roer en die vleis en groente nie te pap raak nie (die oom wat die potjiegadget gemaak het maak dit nie meer nie, so ek weet ongelukkig nie waar mens dit nog kan koop nie)
9. Verdik die sous met die soppoeier wat aangemaak is met bietjie water en laat prut tot dik - jy kan hier ook bruin uiesop of enige verdikkingsmiddel na smaak gebruik