Friday 22 April 2016

Beesfilet met sjokolade en brandrissie



Beesfilet met sjokolade en brandrissie

Dié beesfilet van tannie Poppie Coetzer het ’n soet byt. Die filet word in skywe gesny en met ’n brandrissie-sjokoladesous bedek.

Bestanddele:
1 x Beesfilet
Volroom Bokmelkkaas
250 g Botterskorsie
250 g Aartappel-blokkies
5 ml Bakpoeier

Sous
125 ml Room
1x Sjokolade
2 ml Rissiepoeier

Metode:
Stap 1: Sny ’n beesfilet in skywe van sowat 2cm.
Stap 2: Braai volgens smaak gaar. Verkieslik medium-gaar.
Stap 3: Verwyder van vuur en plaas bokmelkkaas bo-op (genoeg om die oppervlakte te bedek).
Stap 4: (indien jy verkies) Plaas terug op die braai en braai totdat kaas gesmelt is.

Botterskorsie-en-aartappel gereg
Stap 1: Kook 250 g botterskorsie en 250 g aartappel-blokkies in ’n pot tot sag. Maak fyn.
Stap 2: Gooi 5 ml bakpoeier,125 ml room en ’n knippie neutmuskaat by.
Stap 3: Meng goed.

Brandrissie-sjokoladesous
Stap 1: Maak 125 ml room warm in ’n pot op die vuur (moenie kook nie).
Stap 2: Haal af van vuur en breek sjokolade blokkies daarin.
Stap 3: Roer goed tot sjokolade gesmelt is.
Stap 4: Voeg nou 2 ml rissiepoeier daarby.
Stap 5: Laat eenkant staan tot opdiening (gooi dan oor vleis).

Opdieningsvoorstel: Bedien op ’n bed van botterskorsie-en-aartappel gereg en bedek met sjokoladesous