Monday 25 April 2016

Banting korslose vark-en-groente-quiche



Banting korslose vark-en-groente-quiche


Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 35 min.

1 broccoli, in blommetjies gesny
1 blomkool, in blommetjies gesny
1 rooi en 1 groen soetrissie, in skywe gesny
75 g ham, in skywe gesny
100 g pikante wors, in skywe gesny
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
4 eiers
250 ml (1 k) melk
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 22 cm-pastabak.


  1. Rangskik die broccoli, blomkool, soetrissies, ham, wors en kaas op die bodem van die bak.

  2. Klits die eiers, melk en mosterd saam in ’n maatbeker en geur met sout en peper.

  3. Giet die eiervla oor die groentemengsel en bak 35 minute tot ferm en goudbruin. Sny die quiche in wîe en sit voor.