Monday 25 April 2016

30 minute Resep




30 minute Resep
30g Botter
1 Prei of Ui (klein), fyn gekap
250g Aartappels, geskil en grog gekap
500ml Water
1 Groente Aftreksel blokkie
500g Aspersies as dit vars is, stokkerige onderste gedeelte verwyder en in 2cm stukkies gesny
¼ t Borrie
150ml Room
15ml Dill tippies, gedroog. Vars 40ml
Metode:
1. In ‘n diep kastrol smelt die botter en braai die ui tot sag vir 5 minute.
2. Voeg die aartappels, water en aftreksel by. Kook die mengsel vir 15 minute totdat die aartappels sag is.
3. Voeg dan die aspersies en borrie by en kook totdat die aspersies al-dente is vir ongeveer 3-5 minute.
4. Neem die helfte van die sop en puree dit. Voeg plaas die sop terug by die res van die sop in die kastrol en voeg die room en dill by. Bedien warm met Ketel gebraaide uie (sien resep op blog) of bros gebraaide spek repies.
 
OF 10minute resep
 
 
Vinnige resep30g Botter
1 Prei of Ui(klein) opgekap
1 pakkie Smash original
1 blikkie Aspersies
Hou die vog van die aspersies en vul aan met water tot 500ml
¼ 15ml Dill tippies, gedroog. Vars 40ml

Metode:
1. In ‘n diep kastrol smelt die botter en braai die ui tot sag vir 5 minute.

2. Plaas water en aspersies in die kastrol met die uie in en verhit tot kookpunt.

3. Voeg die smash by en roer tot verdik. Voeg die res van die bestanddele by, puree die mengsel en bedien dadelik.
Annelien Pienaar