Monday 14 March 2016

VIS QUICHE VAN RSG




VIS QUICHE VAN RSG
Kors
1 boks Bacon Kips
4 eetlepels botter
...
Vulsel
1 koppie suurroom
1 houer salm roomkaas
1 koppie gaar spinasie
5 eiers
½ koppie fetakaas
2 engelvis-, stokvis- of makrielfilette
Breek die Bacon Kips op in klein stukkies en meng met die gesmelte botter.
Voer die bodem en kante van 'n losboompan hiermee uit.
Klits die eiers, roomkaas en suurroom saam.
Vlok die vis.
Meng alles saam.
Plaas in die losboompan.
Bak teen 170 grade vir 45 minute.
Bedien met slaai.