Tuesday 15 March 2016

SNOEKBRAAI MET MARMITE & SOETPATATS




SNOEKBRAAI MET MARMITE
1 groooot vars snoek wat ons verdeel om snoek op 2 maniere gaar te maak (marmite en tradisioneel)
aluminiumfoelie
300g botter...
sap van een suurlemoen
2-3 vars knoffeltoontjies gekap

2 uie gekap
marmite
Sout en peper na smaak (Onthou dat marmite reeds 'n sout smaak het - gebruik min)
Braai uie in 'n bietjie botter in 'n kastrol
Voeg gekapte knoffel by en braai
Voeg 250g botter by die uie en knoffel en laat smelt
Voeg 2 eetlepels marmite by en roer
Voeg die sap van een suurlemoen by
Maak 'n stewige vierkantige "bak" met die aluminiumfoelie waarin die snoek gaargemaak word
Skep lepelsvol van die sous in die aluminiumfoelie totdat die bodem bedek is
Plaas die snoek op die velkant na onder in die bak
Plaas nou die foeliebak met die snoek bo-op die warm kole
Skep van die sous deurentyd oor die snoek tydens die gaarmaakproses
Die sous sal begin borrel
Haal van kole af sodra die snoek gaar is
 
 
SOETPATATS OOR DIE KOLE
vars patats soveel soos jy verkies
basilliekruid pesto
roomkaas
Kook die patats vooraf tot gaar
Sny 'n keep deur die patats se lengte
Druk effentjies oop sodat die patat kan oopmaak
Smeer basilliekruid pesto in elke patat
Skep lepelsvol roomkaas in elke patat bo-oor die basilliekruid
Plaas op warm kole totdat die kaas gesmelt is

Kos is oppie Tafel TV program