Wednesday 2 March 2016

Pekanneut-tertjies





Pekanneut-tertjies
Deeg
Bestanddele
550 g (980 ml) koekmeel
4 ml bakpoeier
100 g (120 ml) strooisuiker
60 ml botter, in blokkies gesny
160 ml melk
2 eiergele
Metode
Plaas meel, bakpoeier en strooisuiker in voedselverwerker. Voeg botter by en verwerk tot gemeng. 
Klits eiergele en melk saam. Voeg by meelmengsel en verwerk tot ’n deeg vorm. Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir minstens 30 minute.
Verhit oond tot 200 ºC. Rol deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Voer gesmeerde losboom-quiche-pannetjies uit met deeg. Druk die deeg goed vas in die pannetjies. Plaas ’n stuk bakpapier in elke pannetjie en vul met droëbone. Plaas pannetjies op ’n bakplaat en bak vir 10 minute in oond.
Verwyder papier en bone en maak nou die vulsel.
Vulsel
Bestanddele
300 g pekanneute
4 eiers
200 g (250 ml) bruinsuiker
190 ml gouestroop
knippie sout
60 ml gesmelte botter
5 ml vanieljegeursel
Metode
Verlaag die temperatuur van oond na 180 ºC.
Kap 200 g van die pekanneute grof. Sprinkel in tertdoppe. 
Klits eiers, suiker, gouestroop, sout, botter en geursel saam. Skep versigtig in tertjies. Rangskik res van neute bo-op.
Plaas in warm oond en bak vir 30 – 35 minute. Haal uit en laat afkoel.