Wednesday 9 March 2016

PAP EN WORS MET ‘N TWIST





PAP EN WORS MET ‘N TWIST  
Stywe pap
3 koppies water
2 teelepels sout
1 koppie mieliemeel
1 – 2 eetlepels botter
½ koppie vars mieliepitte
Vulsel
± 3 varkworsies, of hoenderwors, of boerewors, die lengte van die broodpannetjie
Stywe pap
Verhit die water en sout in ‘n medium kastrol tot kookpunt.
Voeg die mieliemeel daarby en roer tot gaar, ongeveer 12 – 15 minute.
Roer die botter en mieliepitte by.
“Pap en wors”
Voorverhit die oond tot 180°C.
Voer ‘n 18 cm x 5 cm broodpannetjie met kleefplastiek uit.
Verwyder die derms om die wors.
Skep ongeveer die helfte van die pap in die broodpannetjie.
Pak twee stukke wors in die lengte van die broodpannetjie en plaas ‘n derde stuk wors daarop.
Skep die res van die mieliepap in die broodpannetjie om die wors te bedek.
Maak die oppervlak netjies en glad en bak vir 25 – 30 minute.
Verwyder uit die oond en sodra dit effens afgekoel het, keer die ‘pap en wors’ uit en sny in skywe.
Bedien met tamatiesmoor.