Tuesday 2 February 2016

Uie-quiche




Uie-quiche
Bereiding: 45 min. tot 1 uur
Gaarmaak en bak: 1 uur
Genoeg vir 8-12 mense
400 g brosdeeg, ontdooi
VULSEL
250 g blokkies spekvleis
1 takkie roosmaryn
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2 rooi uie, in dun skywe gesny
2 bruin uie, in dun skywe gesny
15 ml (1 e) suiker
30 ml (2 e) olyfolie
sout en peper
4 eiers
200 ml (¾ k) room
80 ml (⅓ k) melk
60 ml (¼ c) Parmesaankaas, gerasper
45 ml (3 e) vars pietersielie, gekap
Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n losboomtertpan.
1.Rol die deeg uit tot 4 mm dik. Voer die pan met die deeg uit en verkoel 30-45 min. Haal die pan uit die koelkas en sny die rande af.
2.Prik die bodem met ’n vurk, bedek met bakpapier en vul die pan met rys. Blindbak 15 min. in die oond. Haal die bakpapier en rys uit die bak en bak nog 10-15 min. tot goudkleurig. Haal uit die oond en sit eenkant om af te koel. Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C.
3.Braai die spekvleis saam met die roosmaryn en knoffel in ’n pan oor matige hitte tot bros. Sit die deegpan op ’n bakplaat en skep die spekvleismengsel op die bodem van die deegpan. Soteer die uie saam met die suiker en olie in dieselfde pan tot die uie effens sag is maar steeds hul vorm behou.
4.Rangskik die uie op die spekvleis en geur met sout en peper. Meng die eiers, room, melk, kaas en pietersielie en klits tot goed gemeng. Giet oor die uie. Bak 30-40 min.
5.Haal die quiche uit die oond en laat dit 10 min. afkoel voor jy dit uit die pan haal.