Monday 8 February 2016

Sticky Hoenderboudjies




Sticky Hoenderboudjies
Reg in 45 minute + marineertyd
Genoeg vir 4+
 
Bestanddele:
8 hoenderboudjies
2 eetlepels botter
½ teelepel rooipeper
1 teelepel gedroogde tiemie

2 eetlepels heuning
1 suurlemoen, in dun skyfies gesny
 
Maak dit so:
  1. Plaas die hoender in ʼn oondbak en vryf die botter met jou vingers oral om die boudjies in.
  2.  Sprinkel die res van die bestanddele oor en maak seker dat elke boudjie deeglik bedek is.
  3.  Bedek met kleefplastiek en laat oornag in die yskas staan.
  4.  Jy kan die hoender op verskeie maniere gaarmaak – braai dit oor die kole, plaas in die oond vir ongeveer 30 minute, of braai dit vir sowat 15 minute in ʼn vuurwarm wok (skakel dan die plaat af, bedek, en laat stoom tot gaar).

Resep deur: Angelina Claassen