Thursday 4 February 2016

Skons




Skons

2 k meel
4 eetl botter/ margarien
2 eetl suiker (opsioneel)
200ml melk, of 1 eier gemeng met 150ml melk
4 t bakpoeier
½ t sout

Voorverhit oond tot 240°C.
Sif droë bestanddele saam.
Vryf margarien in die droë bestanddele in totdat dit ‘n growwe krummel tekstuur het.
Voeg melk by en meng liggies met ‘n mes of met jou vingerpunte. Moenie knie nie.
Keer uit op ‘n bord wat liggies met meel gesprinkel is.
Druk liggies plat met jou vingers totdat dit ongeveer 2cm dik is.
Sny in vierkante of druk uit met koekiedrukker.
Plaas op gesmeerde bakplaat. Borsel met ‘n bietjie melk bo-oor en bak vir ongeveer 10min.
Bedien warm met kaas of konfyt en room.