Tuesday, 2 February 2016
Sjokolade-okkerneutkoek
Sjokolade-okkerneutkoek
Dié heerlike sjokolade-okkerneutkoek is in ’n episode van Nataniël se Edik van Nantes voorberei.
Bestanddele
1 ½ k bruismeel
½ k kakao
1 t bakpoeier
¼ t sout
1 k okkerneute, fyngekap of grof gemaal
2 k wortels, gerasper
220 g botter
1 k bruinsuiker
½ k witsuiker
3 eiers
1 t kitskoffie
2 t warm water
1 t vanielje-ekstrak
½ k donker sjokoladesplinters
Metode
Meng die eerste 5 bestanddele saam.
Los koffie op in warm water.
Room botter, suiker (wit en bruin) en vanielje saam.
Klits eiers een vir een by.
Voeg meelmengsel geleidelik by.
Meng koffie by.
Meng wortels by.
Meng sjokoladesplinters by.
Verdeel beslag tussen twee kleefvrye losboompanne (22 cm in deursnee).
Bak in oond teen 180 ˚C vir 40 minute.
Laat afkoel in panne.
Botterversiersel:
1 k sagte botter (225 g)
3 k versiersuiker
1 t vanielje-ekstrak
2 e vars room
Klits botter tot romerig.
Voeg versiersuiker geleidelik by om verlangde tekstuur te kry.
Voeg vanielje en room by en klits goed.
Gebruik ⅔ van versiersel en smeer op albei koeke.
Plaas bo-op mekaar en bedek kante met res van versiersel.
Versier met stukkies versuikerde vrugte en neute.