Monday 8 February 2016

ROOMYSKOEK




ROOMYSKOEK
Bestanddele:
2 liter vanilla roomys
1 pakkie Oreo koekies
1 pakkie Woolworths Chuckles
1 blik Caramel Treat



Maak dit so:
Gooi die melk, room en suiker saam in ʼn middelslagkastrol en verhit oor ʼn matige hitte totdat al die suiker opgelos is (sowat 5 minute). Klits die eiergele en ¼ koppie suiker met ’n elektriese klitser tot dik en liggeel. Voeg ʼn halwe koppie van die warm melk- en roommengsel by die eiermengsel en roer goed. Gooi alles nou saam terug in die kastrol, verlaag die hitte en hou aan roer totdat die mengsel die agterkant van jou lepel bedek (sowat 7 minute). Gooi die mengsel versigtig deur ʼn sif in ʼn bak wat geskik is vir die vrieskas. Gooi die vanilla en Nutella by en roer tot die sjokolade heeltemal weggesmelt het. Plaas in die vrieskas, maar haal elke drie ure die bak uit die vrieskas en klits dan die mengsel om die yskristalle in die mengsel op te breek. Dit sal sorg dat jou roomys glad en romerig is.
Reg in: 3 ure as jy ʼn roomysmaker het, anders 24 uur
Genoeg vir: 6 tot 8 mense