Tuesday 2 February 2016

Pynappelmuffins



Pynappelmuffins

Bestanddele

1¾ koppie koekmeel
2 teelepels  bakpoeier
¾ koppie strooisuiker
½ teelepel kaneel
1¼ koppie klapper
45 g botter, gesmelt
¾ koppie melk
2 eiers
1 koppie fyngekapte pynappel.
Metode
Voorverhit die oond tot 180° C.
Spuit twee muffinpannetjies met kleefwerende sproei.
Sif die meel en bakpoeier in ‘n mengbak saam.
Roer die suiker, kaneel en klapper by.
Klits die botter, melk en eiers in ‘n mengbak saam en roer versigtig by die droë bestanddele. Moenie oorwerk nie.
Vou die pynappel by die mengsel in.
Skep die mengsel in voorafbereide muffinpannetjies en vul elke holtetjie ¾ vol.
Bak vir 12-15 minute of tot n toetspen skoon uitkom.
Laat die muffins op ‘n draadrakkie afkoel en bedien saam met dun skywe vars pynappel wat op ‘n riffelpan gerooster is.