Thursday, 18 February 2016

Piesang Muffins met Suurlemoen BotterVersiersel




Heerlike Piesang Muffins met Suurlemoen BotterVersiersel

Jy benodig:
4 ryp piesangs
½ k suiker...
5 eetlepels botter of margerien
1 eier
1 t vanielje-ekstrak
2 t bakpoeier
1 t koeksoda
¼ k melk
2 k koekmeel

 Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C
2. Verroom die suiker en botter/margerien saam tot lig en donsig, en voeg die eier en vanielje-ekstrak by. Klits tot goed deurgemeng.
3. Sif die koekmeel, bakpoeier en koeksoda saam in ‘n aparte mengbak. Voeg nou die helfde hiervan by die suiker- en bottermengsel en klits met ‘n elektriese klitser.
4. Voeg nou die melk en die res van die bottermengsel by en klits goed.
5. Maak die piesangs fyn in ‘n voedselverwerker of met ‘n vurk en vou in by die boonste mengsel.
6. Skep lepelsvol in ‘n 12-houer muffin-pannetjie (ka nook 6 groot muffins maak) en bak vir ongeveer 25 tot 30 minute tot bruin en ‘n mespunt droog uitkom wanneer jy dit toets.

 Laat die muffins afkoel en versier met suurlemoen botterversiersel.

1 k versiersuiker
5 eetlepels sagte botter of margerien
1t vanielje-ekstrak
1 eetlepel vars suurlemoensap
1 eetlepel gerasperde suurlemoenskil

Om die versiersel aan te maak, sif die versiersuikers saam, voeg die suurlemoensap, skil en botter/margerien by, en meng goed deur tot romerig en glad.

Bon appétit!
 

No comments:

Post a Comment