Thursday 4 February 2016

Onvergeetlike Klam Koffie Sjokoladekoek




Onvergeetlike Klam Koffie Sjokoladekoek

Bestanddele:
2 k koekmeel
¾ k kakao poeier...
1 ½ t bak poeier
2 t koeksoda
knypie sout
1 k melk
1 t vanilla geursel
2 k suiker
½ k kookolie
1 koppie sterk koffie (aangemaak, swart, tot lou afgekoel)
2 eiers

Aanwysings:
Voorverhit oond na 180°C.
Berei 2 x ±23cm koekpanne voor, smeer deeglik met botter. In ‘n groot mengbak sif die droë bestanddele saam. Voeg dan 2 koppies suiker by roer effe deur gesifte bestanddele. Voeg eiers, melk, olie en vanilla saam by droë bestanddele en klits vir twee minute. Voeg swart koffie by en meng goed. Verdeel mengsel eweredig in twee voorbereide koekpanne. Bak vir 35-40 min. Toets met toetspen of koek gaar is, as dit skoon uitkom is die koek gaar. Verwyder van oond. Laat dit afkoel vir 15 min in koekpan. Maak kante los met mes. Skud die pan liggies totdat jy voel die koek is los. Laat heeltemal afkoel voordat jy dit versier.

Koffie Versiersel:
Bestanddele:
6 groot eetlepels sagte botter
¾ koppie kakao
2 koppies versiersuiker
5 t sterk koffiepoeier
Metode:
Meng die bestanddele goed saam en smeer oor koek. Bere in koekblik wat lekker dig kan seël.
Koek is altyd lekkerder as dit die vorige aand gemaak word. Gee die koek kans om te “rus”; jy sal verbaas wees die verkil aan tekstuur en smaak

Kook en Geniet