Thursday 25 February 2016

'n Spaanse seekospot




'n Spaanse seekospot

Genoeg vir 6

30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie...
2 chorizoworsies, oorlangs in ringe gesny
2 uie, gekap
1 stingel seldery, dun gesny
2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
sout en gemaalde swartpeper
1 rooi rissie, in die lengte middeldeur gesny, pitte verwyder en fyn gekap
knypie saffraan
15 ml (1 e) paprika
250 ml (1 k) witwyn
2 x 410 g-blikke heel, geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
15 ml (1 e) tamatiepasta
fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
2 hande vol baba-aartappels
1 kg visfilette soos stokvis en rooi roman
500 g gemengde skulpvis soos garnale en mossels
2 x 410 g-blik botterbone, gedreineer
hand vol pietersielie, gekap

1 Braai die worsies tot goudbruin in die verhitte olie. Haal uit en hou eenkant.
2 Voeg die uie, seldery, wortels en knoffel in die potjie en verbruin. Geur na smaak.
3 Voeg die rissie, saffraan, paprika, witwyn, tamaties, tamatiepasta en suurlemoenskil by. Bedek en bring tot die prutstadium.
4 Voeg die aartappels by, bedek vir 20-30 min. tot sag gekook, maar nie pap nie.
5 Pak die visfilette, dan skulpvis, chorizo-worsies en botterbone in lae bo-op. Bedek en prut vir 20 min. tot gaar. Meng die pietersielie deur en sit voor.
Sarie