Friday 19 February 2016

Melktertsnye




Melktertsnye
Genoeg vir 12
Bereiding: 20 min.
Bak: 45 min.
110 g botter
500 ml (2 k) melk
4 eiers, geskei
1 ml (¼ t) koeksoda
2 ml (½ t) witwyn-asyn
310 ml (1¼ k) versiersuiker
15 ml (1 e) water
250 ml (1 k) meel
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Ekstra versiersuiker vir bo-oor strooi
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 x 20 cm-koekpan met olie.
  2. Smelt die botter en sit dit eenkant om liggies af te koel. Verhit die melk tot dit louwarm is en sit dit eenkant.
  3. Klop die eierwitte, koeksoda en asyn saam tot dit styf is stywe punte vorm. Sit dit eenkant.
  4. Klop die eiergeel en versiersuiker tot dit lig is. Gooi die gesmelte botter en water by en meng dit goed.
  5. Meng die meel by en klop stadig die melk en vanieljegeursel by tot alles goed gemeng is.
  6. Vou die eierwitte in, 60 ml (¼ k) op ’n slag.
  7. Gooi die beslagdeeg in die voorbereide pan en bak dit 45 minute of tot die bokant goudkleurig is. Laat dit heeltemal afkoel en sny dit in snye en besprinkel met versiersuiker.