Thursday 25 February 2016

Maklike plaatkoekies




Maklike plaatkoekies
250ml koekmeel
5ml bakpoeier
15ml suiker
Knippie sout
1 eier
30ml olie
90ml melk
60ml water
* sif droe bestanddele - sit suiker by
*klits eier liggies. Voeg alle vloeistof by eier.
*gooi by meelmengsel. Klits (nie te veel nie, net tot gemeng)
*bak lepels vol in pan. Wanneer borrels bo-op vorm, draai plaatkoekie om

KARRINGMELKPLAATKOEKIES
3 eiers, geskei
500 ml karringmelk
500 ml koekmeel
5 ml koeksoda
knippie sout
15 ml suiker
60 ml gesmelte botter of margarien
water indien nodig
botter of margarien om plaatkoekies mee te bak
1 Klits die eierwit styf en klits die eiergeel en karringmelk by.
2 Meng die droë bestanddele en maak ‘n holte in die middel.
Voeg die eiermengsel en botter of margarien by en klits met ‘n
draadklitser net totdat ‘n beslag vorm.
3 Vou die eierwit in en laat die beslag 5 minute lank staan.
Gebruik ‘n klein ronde souslepel met ongeveer 50 ml-inhouds
maat om beslag uit te skep.
4 Verhit margarien in ‘n swaarboomkastrol tot matig warm en
skep lepelsvol beslag ver genoeg uitmekaar om toe te laat vir
uitsprei op die verhitte bodem. Bak tot borrels op die oppervlak
ontstaan. Draai om en bak tot ferm en liggoudbruin aan albei
kante.
5 Plaas op ‘n afkoelrak en bedek met ‘n doek om te voorkom dat
dit uitdroog. Bedien effens warm of koud soos bo beskryf.
Lewer: 16-24 plaatkoekies, afhangend van die grootte

PLAATKOEKIES
Georgia Strauss De Klerk
250ml koekmeel
10ml bakpoeier
1ml sout
30ml suiker
1extra large eier
200ml melk
15ml gesmelte botter of margarien
1. Sif al die droe bestandele saam.
2. Klits eier en melk en gesmelte botter saam en voeg by droe bestandele.
Meng baie goed tot beslag mooi glad is.
Laat staan dan vir +/- 30min voor jy begin bak.