Wednesday 24 February 2016

MAKLIKE BRUISMEEL ROOSTERKOEK




MAKLIKE BRUISMEEL ROOSTERKOEK
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: 10-20 minute
BENODIG:...
500 ml (2 k) bruismeel
3 ml (ruim ½ t) sout
30 ml (2 e) suiker
30 ml (2 e) margarien, gesmelt, of olie
200 ml louwarm water
ekstra meel
MAAK SO:
1.Sif die droë bestanddele bymekaar in ’n groot mengbak.
2.Roer die margarien of olie by die meelmengsel in.
3.Giet die louwarm water by en meng tot ’n stywe deeg vorm.
4.Knie die deeg sowat 5 minute.
5.Strooi meel op ’n skoon werkoppervlak en druk die deeg effens plat.
6.Sny blokke en besprinkel met ’n bietjie meel.
7.Braai die roosterkoeke op matige kole tot gaar.