Tuesday 9 February 2016

Johan se ideale tuna




Johan se ideale tuna

 Bestanddele
2 uie, gekap
1 groen soetrissie, gekap
olie
1 pak macaroni
2 blikkies tuna
1 x 410 g blikkie ingedampte melk
1 pakkie sampioensoppoeier
1 koppie kaas, gerasper
1 groot pak skyfies, BBQ-geur, fyngemaak

Metode
Braai uie en soetrissie saam tot gaar.
Voeg tuna by (moenie dreineer nie).
Kook pasta tot gaar.
Meng soppoeier met melk.
Meng alles saam.
Sit in 'n oondbak.
Strooi kaas oor, en daarna die skyfies.
Bak teen 180 grade vir 10 minute.
rsg