Sunday, 21 February 2016

HOENDERLEWERKOEKIES MET SPINASIESLAAI




HOENDERLEWERKOEKIES MET SPINASIESLAAI

Genoeg vir 4 mense
LEWERKOEKIES
1 ui, gekap...
2 wortels, skoongeskraap en gekap
15 g pietersielie
1 eier
2 snye bruinbrood,
korsies verwyder en in stukke geskeur
500 g hoenderlewertjies, afgespoel en skoongemaak
125 ml (½ k) koekmeel
sout en vars gemaalde peper
olie vir panbraai

SOUS:
1 ui, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, gekap
15 ml (1 e) olyfolie
125 ml (½ k) suiker
100 ml asyn
10 ml (2 t) mielieblom, in 15 ml (1 e) water opgelos
SPINASIESLAAI:
100 g baba-spinasie
1 rooi-ui, in skyfies gesny
30 ml (2 e) olyfolie

MAAK SO:
1.Lewerkoekies:
Plaas al die bestanddele behalwe die lewertjies, meel, sout en peper in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk tot fyn gekap en goed gemeng. Voeg die lewer by en verwerk net tot die lewer grof gekap is. Voeg die meel by, geur met die sout en peper en meng goed.

2.Verhit ’n bietjie olie in ’n braaipan. Skep lepels vol van die mengsel in hopies in die pan. Braai oor matige hitte tot bruin, draai om en braai verder tot gaar, maar steeds effe pienk van binne.

4.Sous:
Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot sag. Voeg die suiker en asyn by en roer tot die suiker
5.opgelos is. Voeg die mielieblommengsel by en roer tot verdik.
6.Spinasieslaai:

Meng alles.
7.Skep die sous oor die koekies en sit voor saam met die slaai

No comments:

Post a Comment