Monday 1 February 2016

Hoender Mayonaisse Pasteie




Hoender Mayonaisse Pasteie
Bestanddele:
1 rol gekoopte blaardeeg
1 heel gaar gekoopte “rotisserie” hoender
1 houertjie (250g) vet-vry maaskaas...
75ml (5 eetlepels) goeie Mayonnaise
20g krul-blaar petersilie
Vars gemaalde swart Peper en sout na smaak
Metode:
Verhit oond tot 200C. Voer n bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met n kleefwerende kossproei. Rol die ontdooide blaardeeg oop. Met n skerp mes, sny die deeg in die lengte af sodat jy twee lang stroke het. Neem die een punt van die deeg en vou dit oor om n driehoekie te vorm, amper soos n samoesa. Sny die driekoekie af en vou nog een, hou so aan tot al die deeg op gebruik het en jy 6 driehoekies het. Plaas die deeg-driehoekies op die voorbereide bakplaat en bak tot gaar en lig bruin. Verwyder van oond en sny versigtig die twee oop hante van elke driehoekie oop met n steak messie. Laat afkoel
Ontbeen die gaar hoender en sny of breek die hoendervleis fyner. Verwyder die stele van die petersielie en snipper die petersilie oor die hoendervleis.
Meng die mayonnaise en die maaskaas en geur met sout en peper. Meng die maaskaas mengsel met die hoender. en stop elke blaardeeg driehoekie lekker vol met die hoender vulsel
My easy cooking