Thursday 11 February 2016

GRENADELLA BOTTERKOEKE




GRENADELLA BOTTERKOEKE Genoeg vir 6 klein koekies
Tyd: 1 uur 10 minute
BESTANDELE
200 g botter
200 ml strooisuiker
5 ml vanielje-essens
4 eiers, liggies geklits
200 ml bruismeel, gesif
VIR DIE GRENADELLA BOTTER
310 ml suiker
100 g botter
60 ml grenadellamoes
3 eiers, liggies geklits
METODE
Stel die oond op 180 °C. Smeer ses 7 cm x 9 cm hartvormige koekpannetjies.
Room die botter en strooisuiker tot lig en donsig. Voeg die vanielje by.
Voeg die eiers geleidelik by die mengsel terwyl jy klits. Voeg die bruismeel by en meng deur.
Skep die mengsel in die voorbereide panne en bak ongeveer 20 minute totdat ’n toetspen skoon uitkom en die koeke goudbruin is. Keer uit op ’n draadrak en laat afkoel.
Vir die grenadellabotter: Meng die suiker, botter, grenadellamoes en eiers in ’n dubbelkoker en verhit terwyl jy aanhoudend roer, tot al die bestanddele gesmelt en gemeng het.
Laat die mengsel kook tot dit dik word en roer af en toe. Dit neem ongeveer 45 minute.
Sny elke koek oop en smeer die grenadellabotter in die opening. Strooi versiersuiker bo-oor.