Monday 29 February 2016

EIER BOOTJIES




EIER BOOTJIES
Bestanddele
4 suurdeeg baguettes (Enige lang stewige broodrolletjie sal die ding doen)
250gr wors (jou keuse, vark, bees, kaasworsies, viennas ens ) gebraai en in stukkies gesny
8 eiers...
½ koppie room

250gr kaas, gerasper
3 groen spruit uie, dun gesny (gewone uie fyn gekap sal ook werk)
Sout en peper na smaak
Metode:
Verhit die oond tot 180 C
Sny en trek uit die middel van al 4 broodrolletjies – los net ‘n bietjie in bodem en teen die kante. Klits liggies saam die eiers en die room. Klits res van die bestanddele by en voeg die wors by . Skep die beslag in die broodrolletjie boot. Plaas al 4 rolletjies op ‘n bakplaat en bak vir 25-28 minute of tot gestol in die middel. Laat afkoel vir 10 minute, sny en bedien.