Wednesday 3 February 2016

Dedri Uys se Karringmelk Beskuit Resep



Dedri Uys se Karringmelk Beskuit Resep
Maak 36 stukke beskuit
Bestandele
•500 g bruismeel
•2 ml sout
•125 ml botter/margarien
•250 ml semels
•125 ml pitlose rosyne
•100 ml suiker
•1 groot eier, geklits
•250 ml karringmelk (of een koppie melk versuur met 1 teelepel suurlemoen sap/asyn)
Metode
1.Voorverhit die oond tot by 180°C.
2.Sif meel en sout saam en vryf die margarien in met jou vingerpunte.
3.Voeg semels en rosyne by en meng goed.
4.Klits suiker by die geklitste eier totdat die mengsel liggeel en dik is en roer dan die karringmelk by.
5.Gooi die nat bestandele by die droë bestandele en meng goed. Jy wil hê jou deeg moet klam wees, maar nie so klam dat jy dit nie kan hanteer nie. Gebruik maar jou common sense, mensie. As die deeg te nat is, gooi 'n bietjie meel by. As die deeg te droog is, gooi 'n bietjie water by.
6.Fatsoeneer die deeg in balletjies so groot soos eiers (en ontrent dieselfde vorm) en pak dig langs mekaar in 'n gesmeerde vierkantige koekpan van ongeveer 20 x 20 cm.
7.Bak vir 40 minute by 180°C.
8.Keer die pan uit en laat die beskuit afkoel. Wanneer alles lekker koel is, breek die beskuit in stukke op.
9.Droog in 'n koel oond vir ongeveer 6 ure (by 75°C).