Monday 8 February 2016

Calamari-en-suurlemoen orzo




Calamari-en-suurlemoen orzo
Bestanddele:
1kg calamari-ringe
100g koekmeel
1 teelepel vars gekraakte swartpeper
1 teelepel seesout-vlokkies, ons gebruik Maldon Seesout
1 koppie Orzo, te kry op meeste supermarkte se rys/pastarakke
4 koppies water
Sap en skil van 1 suurlemoen
1 handvol pietersielie
Olie
Maak dit so:
Meng die meel, sout en peper saam in ’n mengbak, gooi die calamari-ringe daarin en skud dit bietjie rond sodat elke ringetjie met die meel bedek is. Gooi die orzo in ʼn pot met die water en bring tot kookpunt, verlaag die hitte en kook tot al denté – sag maar ferm. Gooi bietjie olie in ʼn warm pan en braai die calamari-ringe in sarsies vir so 2 minute op ʼn slag, die meel wat daaraan kleef behoort goudbruin te raak en die ringetjie self sal sag wees wanneer gaar. Gooi die suurlemoensap oor die calamari en roer die pietersielie en suurlemoenskil deur die orzo.
*Bedien op ʼn groot opdienbord met oondgeroosterde tamaties en calamata-olywe.
Genoeg vir: 4
Reg in: 30 minute