Sunday 7 February 2016

Bo-baas ontbyt met dié muffins




Bo-baas ontbyt met dié muffins
Reg in 30 minute + afkoeltyd
Genoeg vir 6 jumbo of 12 gewone muffins
Bestanddele:
...
Basiese mengsel
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel koeksoda
½ teelepel sout
1 eetlepel suiker
1 koppie Amasi/karringmelk
1 jumbo eier
2 eetlepels botter – gesmelt
Flavours
1 koppie kaas – gerasper
1 teelepel rooipeper
½ koppie gekerfde biltong
½ koppie crispy bacon-stukkies
¾ koppie gekapte spinasie + ¼ koppie gekrummelde fetakaas
Kies net een opsie, of mix en match waarvan jy jou.
Maak dit so:
1 Voorverhit die oond op 180°C (gebruik die fan of bake setting)
2 Sif al die droë bestanddele saam. Klits die nat bestanddele deeglik en gooi oor die droë bestanddele, maar moet dit nie roer nie. Sny dit met ’n lepel in tot net gemeng.
3 Voeg nou jou gunsteling flavour by en vou dit by die mengsel in.
4 Smeer jou muffin-pan met botter, of spuit met nonstick spray.
5 Verdeel die mengsel eweredig – jy behoort ses jumbo muffins of 12 standaard muffins daaruit te kry.
6 Bak vir 25 minute. Steek ʼn toetspen of tandestokkie in die middel van een van die muffins – as dit skoon uitkom is dit gaar.
Resep deur Angelina Claassens