Tuesday, 2 February 2016

Aartappelpoeding met karamelvla



Aartappelpoeding met karamelvla
4 groot aartappels, geskil
125 ml (½k) sagte botter
6 eiers
250 ml (1 k) suiker
750 ml (3 k) karringmelk
250 ml (1 k) room
10 ml (2 t) vanieljegeursel
10 ml (2 t) amandelgeursel
60 ml (¼k) koekmeel
6 kardamompeule, gekneus
4 stukke pypkaneel

Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n groot tertbak met botter. Kook aartappels in soutwater tot gaar. Voeg botter by en druk fyn tot baie glad. Klits eiers en suiker 10 minute saamtot lig en dik. Voeg karringmelk, room en geursels by en klits goed. Sif meel oor en klop goed. Roer kardamom en kaneel by en skep in bak. Bak sowat 50-60 minute tot goudbruin.
Lewer 10 porsies.
Karamelvla: Maak dun vla volgens aanwysings op houer. Sodra gaar, klits ’n paar eetlepels karamelkondensmelk daarby in. Moenie vla weer kook ná kondensmelk bygevoeg is nie, maak net warm tot onder kookpunt.

(Landbouweekblad)

No comments:

Post a Comment