Wednesday 25 November 2015

Sjerrietruffels





Sjerrietruffels

 
125 g botter
500 ml versiersuiker
30-50 ml medium-roomsjerrie
10 ml vanieljegeursel
750 g koekiekrummels
2 x 50 g Jungle Oatso Easy, sjokoladegeur
1 pakkie heel rooi kersies (kan ten minste 1 uur in brandewyn geweek word)
50 ml klapper
5 ml warmsjokoladepoeier (hot chocolate)
50 ml Jungle Oats


1. Room botter en versiersuiker saam.

2. Voeg sjerrie, vanieljegeursel, koekiekrummels en Jungle Oatso Easy by en meng goed.

3. Laat rus die mengsel in die yskas vir 30 minute.

4. Skep ’n teelepelvol van die mengsel, genoeg om ’n kersie te bedek. Rol in balletjies.

5. Meng klapper en warmsjokoladepoeier saam.

6. Rol die helfte van balletjie in hawermout en ander helfte in klapper- en sjokolademengsel.

7. Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas tot benodig.

Maak 30-40 truffels

Bedien saam met koffie