Tuesday 24 November 2015

Maaskaastert




Maaskaastert

Een van die maklikste, maar lekkerste, yskas-kaasterte wat daar is. Dié een het ’n ligte suurlemoensmaak....

Kors
 1 x 200 g pakkie Tennisbeskuitjies
 100 ml gesmelte botter

Vulsel
 2 x 230 g houers gladde maaskaas
 250 ml room
 250 ml strooisuiker
 100 ml suurlemoensap
 15 ml gelatien

Suurlemoensmeer, vrugtesmeer, vars vrugte of ganache om oor te smeer

Vir die kors: Maak die beskuitjies fyn en voeg die gesmelte botter by. Meng goed. Smeer ’n veerklamppan van 22 cm met ’n bietjie gesmelte botter en druk die krummelmengsel op die bodem en teen die kante van die pan vas. Verkoel. Vir die vulsel: Klits die maaskaas, room en strooisuiker saam tot glad. Verhit die suurlemoensap tot net onder kookpunt en verwyder van die hitte. Sprinkel die gelatien oor en roer tot opgelos. Voeg by die maaskaasmengsel en klits deur. Giet die mengsel versigtig in die krummelkors en verkoel oornag tot ferm. Versier met vars vrugte of smeer suurlemoensmeer oor. B?re in die yskas. Lewer 12 porsies.